• Woodlands-kampplek

    17. september 2016, Botswana ⋅ 🌙 30 °C

    Loshande die beste oornagplek rondom Francistown. Dis vol vanaand: Suid-Afrikaners wat vuur aansteek en potjie maak ("Sal jy vir ons 'n whiskey gooi?", vra een. "Het jy ys?" kom die antwoord) en overlanders wat om die swembad reisstories uitruil (een ou se reis is mos altyd meer epies as die volgende ou s'n...). Dis warm; nou-nou swem ons.Læs mere