• Woodlands-kampplek

    September 17, 2016 in Botswana ⋅ 🌙 30 °C

    Loshande die beste oornagplek rondom Francistown. Dis vol vanaand: Suid-Afrikaners wat vuur aansteek en potjie maak ("Sal jy vir ons 'n whiskey gooi?", vra een. "Het jy ys?" kom die antwoord) en overlanders wat om die swembad reisstories uitruil (een ou se reis is mos altyd meer epies as die volgende ou s'n...). Dis warm; nou-nou swem ons.Read more