• Mkomazi- nasionale park

    14. oktober 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 13 °C

    Wanneer laas was julle die enigste mense in 'n ganse nasionale park? Dit was ons vandag in Mkomazi, een van Tanzanië se nuwer nasionale parke. Hier sien jy rare boksoorte - die laaaangnek gerenuk het ons ontwyk, maar ons het wel die "lesser kudu" gesien, wat wraggies nes 'n miniatuurkoedoe lyk! Ons het o.a. ook wildehonde, kameelperde, dik-dik en voëlspesies uniek aan die streek gesien.Læs mere