• Tarangire- nasionale park - Dag 1

    October 18, 2016 in Tanzania ⋅ 🌙 16 °C

    Vandag sien ons honderde olifante, en duisende sebras en wildebeeste - en ons het skaars 'n kwart van die park gesien. Alhoewel dit soms besig raak met wildkykvoertuie om 'n watergat is dit eintlik (vergeleke met plekke soos Serengeti) 'n stil park. Kremetarte, oop stukkies savanne, skaars voëlspesies - ons tipe park. Pasop maar net vir die parmantige blouape by die piekniekplek.Read more