• Manyarameer- nasionale park

    21. oktober 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 11 °C

    Dié park is bekend vir sy leeus wat hou van boomklim, maar ons was nie so gelukkig nie. Ons ry tot by die warmbron (wat 'n ou se vinger sommer ordentlik brand wanneer jy "gou voel hoe voel dit"), sien duisende pelikane en flaminke, plus wild soos buffel, olifant, rooibok, Thompson's gazelle, bosbok, sebra, wildebees en ander. Ons voëllys groei ook, met nuwe spesies muisvoël en houtkapper uniek aan die streek. Vir laatontbyt maak ons French toast by 'n piekniekplek. Môre ry ons Ngorongoro toe, waar dinge begin ernstig raak.Læs mere