• Empakaai-krater

    October 22, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C

    Ons is in die Ngorongoro Conservation Area, en na tent opslaan by Simbakamp (op die rand van Ngorongoro-krater) ry ek en Alice noordwaarts om te gaan kyk hoe lyk Empakaai-krater. Die landskap verander van woud na oop steppe, waar Maasai woon en met vee boer. Tussen die beeste en bokke loop sebras, wildebeeste en ander wilde diere. Ons sien iewers 20 arende saam by 'n dam. Op pad terug doem 'n buffel skielik langs die Fortuner op.Read more