• Ngorongoro-krater

    October 23, 2016 in Tanzania ⋅ ☁️ 12 °C

    Dit kos 'n fortuin om hier in te gaan, maar wat 'n plek! Ngorongoro doen sy reputasie as diereparadys gestand: ons sien leeus met welpies wat 'n buffel vreet, derduisende sebras en wildebeeste op die kratervloer, meer gompoue en mahemkraanvoëls as wat jy kon droom, dikgevrete hiënas wat om 'n poel hul babelaas afslaap... Vanaand slaap ons goed: 'n leeu brul in die verte en buffels drentel in die kamp rond. Môre ry ons Serengeti toe.Read more