• Kom ons bespreek: Serengeti Lager

    October 27, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 25 °C

    Vernoem na een van Afrika se grootste wildkykareas - en met 'n forse luiperd op die etiket - jy weet mos dit gaan goed wees! Serengeti het nie veel van 'n smaak nie: dis bier, en dis dit. Maar sy 4.8% skop nogals. Dit gaan goed af hier waar ek nou vir die horison van die Victoriameer sit en wag om die sakkende son in te sluk. Tussen teue droom ek van die Serengeti, en veral gisteroggend se luiperd, rustend op 'n boomtak.Read more