• Victoriameer

    27. lokakuuta 2016, Tansania ⋅ ⛅ 25 °C

    Om na 'n week se sinkplaatslaggatstofpad weer teerpad onder die Fortuner se wiele te voel - lekker! Dis hartseer om tot siens te sê vir die Serengeti en sy wemelende vlaktes, maar verfrissend om Victoriameer se waters te sien. Ons slaap vanaand - op beddens vir 'n verandering - by Tunza Resort in Mwanza, 'n woelige hawestad op die meer.Lue lisää