• Kigali - rondstap en dinge doen

    October 31, 2016 in Rwanda ⋅ ⛅ 25 °C

    Gister was Sondag, en ons het gerus. Vandag doen ons 'n paar dinge in die stad, beginnende met koffie, ontbyt en poskaarte skryf by Ikerezi-boekwinkel, sommer naby ons hotel. Dit kyk uit oor die stad, nou en dan draai 'n jakkalsvoël hoog verby. Hierna besoek ons die roerende Genocide Memorial, 'n museum en gedenktuin. Dit is nou al 20 jaar gelede, maar dit is merkwaardig dat die Rwandese na so 'n volkstragedie kon herstel.Read more