• Kom ons bespreek: Skol Lager

    2. november 2016, Rwanda ⋅ ☀️ 18 °C

    Bier is nie die eerste ding waaraan jy dink wanneer Rwanda ter sprake kom nie, maar die land het 'n handvol plaaslik-vervaardigde biere. Skol se 5% alkohol belowe skop, maar dis eintlik 'n bedeesde bier. Dit het vroeër vanaand goed te pas gekom toe ek en Alice die geskiedenis van Suid-Afrika in 'n neutedop moes uitlê aan 'n Nederlander tydens aandete (beesbredie) by die backpackers. Terug Skol toe!Læs mere