• Nyiragongo-vulkaan, Kongo

    November 4, 2016 in DR Congo ⋅ ☀️ 19 °C

    Dit was harde werk: vyf ure se steil klim byna reguit op teen die Nyiragongo-vulkaan - met los klippe, reën en krampe. Maar was dit die moeite werd! Bo gekom is jy op die kraterrand van dié aktiewe vulkaan, met die lawa wat ver onder jou prut. Dit was koud deur die nag, maar ons was gelukkig met die weer en kon 'n sonsopkoms soos min geniet.Read more