• Ujiji

    14 novembre 2016, Tanzania ⋅ ⛅ 26 °C

    "Mr Livingstone, I presume?" Dít was Henry Morton Stanley se gevleuelde woorde aan David Livingstone toe hy hom byna presies 145 jaar gelede (onder 'n mangoboom) in die hawedorpie Ujiji teen die Tanganjikameer opgespoor het. Ons besoek hierdie geskiedkundige plek, eet vis en hoender en pap saam met bootbouers, koop 'n helder deken by vlytige en vriendelike vroue en eindig die dag met 'n 10/10 sonsondergang.Leggi altro