• Katavi- nasionale park, Tanzanië

    November 16, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 20 °C

    Seekoeie is Katavi se nr. 1-attraksie, veral nou in Novembermaand net voor die reëns ordentlik kom, wanneer honderde seekoeie meeding om elke laaste lappie koel modderlafenis. Die poel by Ikuu is tjokkeblok. En ons kamp vanaand skaars 150 m van die poel, wat beteken dat hulle na donker oral om ons gaan wei. Ons sien ook olifante, 6 leeus, krokodille groter as karre, waterbok, rietbok, topi - dit wemel hier.Read more