• Kipili - Sumbawanga - Mbala

    November 19, 2016 in Tanzania ⋅ ⛅ 28 °C

    Die pad suidwaarts lei ons vandag verby moddersteenhuisies, groot bome en besige dorpe soos Sumbawanga in die weste van Tanzanië. Ons glip oor die grens, terug na Zambië, by die stil grenspos Kasesya - waar iemand die immigrasie-amptenaar moes gaan soek om ons te help. Vanaand slaap ons by die puik Chila Lake Lodge net buite Mbala.Read more