• Kasanka- nasionale park

    November 23, 2016 in Zambia ⋅ ⛅ 1 °C

    Vrugtevlermuise - so 10 miljoen van hulle! - is Kasanka se groot attraksie van mid-Oktober tot mid-Desember wanneer hulle hier saamtrek van regoor Afrika. Teen sononder word die lug met ontelbare spikkels gevul wanneer die vlermuise hul hangplek in die moerasvywoud verlaat om te gaan kos soek. Dit slaan jou summier stom. Jy klim op stellasies in die woud om die skouspel gade te slaan. Ons sien ook die skaars visuil 2-uur een oggend, sommer in die boom bo ons tent! Ook gewaar uit ons kampstoele: sitatunga, die skugter moerasbok met sy unieke lang, gesplete hoef, spesiaal aangepas on op waterplante te loop.Read more