• Kazungula-grenspos

    November 26, 2016 in Zambia ⋅ ⛅ 29 °C

    Altyd 'n deurmekaar grenspos dié, vol kansvatters en "helpers" wat jou voor in die ry kan kry vir stempels en betalings en die ferrie oor die Zambesirivier. Maar eintlik kan jy dit als self doen, met bietjie geduld. Die brugbouery vorder goed en - so sê hulle - teen 2018 gaan dit klaar wees, tesame met 'n nuwe grenspos wat hopelik die rompslomp minder gaan maak. Dit kos tans K150 om die ferrie te gebruik.Read more