• Dag 2 - Anysberg

    17. januar 2017, Sydafrika ⋅ ☀️ 21 °C

    By Anysberg kry ons die aand koud, en braai ons wors en skilpadjies uit Krause se slaguis in Montagu. Die oggend ry Toast en Erns perd, terwyl die kameramanne Nic en Chris bloed sweet en klippe kou in die snikhete Klein-Karooson. Ons leer dat jy in dié wêreld op jou knieë moet gaan om dit ordentlik te waardeer.Læs mere