• Dag 3 - Matjiesfontein en Laingsburg

    January 18, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 40 °C

    Die Weg Agterpaaie-span ry so klein entjie N1 tot by Matjiesfontein se Lord Milner-hotel. Erns en Toast drink 'n vinnige jenewertjie terwyl Jonny Theunissen klavier speel en die son buite sak, oor treinspoor, koppie en Karoobos. Vroegdag wys hoofkelner Gert Willemse ons sy resiesduiwe, en dan wiks ons deur Laingsburg toe vir roosterkoek by tannie Poppie van As en gemmerbier by Cecilia van der Merwe.Read more