• Dag 4 - Gamkapoortdam

    January 19, 2017 in South Africa ⋅ ⛅ 29 °C

    Bosluiskloofpas af, en die landskap val af in die klipperige voue waar die Dwyka en Gamka opgedam staan in die Gamkapoortdam. Dit brand in die Swartberg, die wind storm uit die kloof en ruk en pluk die Weg-span rond op die dorre bodem van die dam. Fox Ledeboer, Eerste Minister van die Republiek van Gamkapoortdam, lag. Dit is droog, maar die skilpaaie is reeds besig om na hoërliggende dele te beweeg. Fox weet die groot reëns kom.Read more