• Dag 23 - Wellwood, Nieu-Bethesda

    February 7, 2017 in South Africa ⋅ ☀️ 26 °C

    Die Rubidge-familie van Nieu-Bethesda is sinoniem met twee dinge: skaars Karoofossiele (versamel deur familielede oor dekades heen) en spogmerinos (gesog by kopers regoor die land). Die plaasopstal by Wellwood is ook iets om te sien, omring deur 'n enorme tuin en grasperk, ou bome en historiese buitegeboue soos 'n skeerhuis wat al vir 'n eeu of wat in diens is. Die weer bou op, en wanneer die eerste druppels val, groet ons en kies in die vroegaand koers na Murraysburg.Read more