• Dag 1 - Khama Rhino Sanctuary

    March 19, 2017 in Botswana ⋅ 🌧 9 °C

    Als is groen hier ná somerreëns soos lanklaas - en wat kán blom, blóm! Ons groep van 25 Weg en Go lesers ontmoet by Khama Rhino Sanctuary naby Serowe, waar ons vanaand kamp. Vir die volgende 9 dae ry ons kloksgewys om die Okavango-delta oor Maun, Tsodilo-heuwels en die Okavango-pypsteel, dan deur die Caprivi na Kasane waarvandaan ons die Victoriawaterval en Chobe- nasionale park besoek. Langs die pad gesels ons fotografie, leer ons kameras beter ken en kry als van sluiterspoed tot komposisie onder die knie. Ons reis saam met Mpafa Travel met toergids Douwe Vlok.Read more