• Dag 2 - Serowe na Maun

    March 20, 2017 in Botswana ⋅ ⛅ 23 °C

    Vandag ry ons ver: van Khama Rhino Sanctuary naby Serowe oor Letlhakane, Mopipi en Rakops tot by Drifters Camp kort van Maun. Die groen landskap maak egter op vir die lank sit in die karre. Orals staan panne water, grasvelde wuif asof op die Serengeti en bome blom baldadig. Tydens piekniek-middagete vlieg witrug- en swartaasvoëls laag oor ons (seker lus vir ons toebies...), en die mense se kameras kiek. Sonsondergang is langs die Boteti. Vanaand is lieflik, en vlermuise roep in die bome.Read more