• Dag 10 - Chobe- nasionale park

    March 28, 2017 in Botswana ⋅ 🌙 22 °C

    Die laaste dag van Weg se Botswana-fototoer is dalk die lekkerste. Dinge begin douvoordag met 'n wildsrit deur die park - party van ons sien leeus, ander nie, maar dis 'n plesier om die veld so ruig te sien na al die goeie reën. Terug by die kamp eet ons laatontbyt en dan vat ons dit rustig tot die tyd aaanbreek vir ons bootvaart op die rivier. Olifante wat in die water staan en wei, seekoeie wat paar, kameelperde, krokodille, visarende, waterlikkewaan, slang, visvangers - ons sien dit als. Wanneer die son sak raak dit stil op die boot. Ook soos dit hoort. Tot volgende keer.Read more