• Dag 9 - Victoriawaterval

    March 27, 2017 in Zimbabwe ⋅ 🌙 9 °C

    Die rook wat donder! Ja, die Victoriawaterval is ordentlik vol: sy wolk sien jy reeds van ver hang en wanneer jy naby staan is die gedruis oorverdowend. Vandag is ons groep van 25 Weg-lesers in Vic Falls: party doen 'n helikoptervlug, ander stap oor na Zambië en uiteindelik ontmoet almal op die stoep van die Victoria Falls-hotel vir 'n drankie voor ons bussie ons kom oplaai en terugneem na Kasane.Read more