• Dag 4 - Kunenerivier

    7 de maio de 2017, Namíbia ⋅ ⛅ 32 °C

    Ons is hier, en nou gaan dit rustig. Die werfhaan kraai ons wakker by Omunjandi, daarna is dit koffie en beskuit en stadig oppak. Rey lei ons kort konvooi al langs die rivier af - ons stop om bome en blomme af te neem, talm by voëltjies (hoogtepunt: trekdrawwertjies), soek krokodille (niks), eet middagete onder 'n ana- en hardekoolboom. Boskamp vanaand, met skopsuil en waterdikkop.Leia mais