• Dag 11 - Khumibrivier na Hoanibrivier

    2017年5月14日, ナミビア ⋅ ☀️ 17 °C

    Dis nou ons en die woestyn. Die Khumib is vroegdag goed vir ons: 1 steenbok, 2 rooijakkalse, 4 kameelperde, 6 swartaasvoëls, talle gemsbok - en natuurlik die bome, verwronge stamme van antieke mopanies en hardekole. Dan draai ons uit die rivier, suidwaarts oor die woestyn, wat sag uitrol tot teen die voetheuwels van barre knoetse klip. Gekom by die Hoarusibrivier - waarmee ons beplan om na Puros te ry - is dit nat, nat, nat. Plan B is die Hoanib, so ons ry verder suid oor verdere woestynvlaktes tot waar springbokke en gemsbokke wei op kort groen gras. Om 'n rotshoekie maak ons kamp, weggesteek van als behalwe die sterre.もっと詳しく