• Dag 10 - Nêrens na Khumibrivier

    13. mai 2017, Namibia ⋅ ⛅ 19 °C

    Die konvooi ry kuier-kuier vandag: ons stop by die ou marmermyn by Onjuva, tap water by Orupembe se fontein en koop daarna die Orupembe Shop 1 byna leeg. Na middagete sak ons in die Khumibrivier in, en heelmiddag sien ons wild: sebra, gemsbok, springbok en later kameelperde. Ludwigse poue en Damara/ woestynkorhaan is ook hoogtepunte. Ons stop vlugtig by moontlik die wêreld se mees afgeleë curio-stalletjie. Hiënaspore padlangs en jakkals wat na aandete jou. Nou is dit stil en koel, en die sterre sê "tsau!".Les mer