• Dag 1 - Lephalale na Tiaan's Camp

    March 14, 2018 in Botswana ⋅ ⛅ 22 °C

    Vandag ry ons 'n groene Botswana binne by Stockpoort, koop koffie in Mahalapye, draairoomys in Serowe, Coke en hoender in Letlhakane, maak vol in Rakops en kom laatmiddag by Tiaan's Camp buite Xhumaga aan. Voor ons lê die Botetirivier waar 20 olifante kom trompetter en baljaar. Weg se Botswana-fototoer begin môre hier: 12 dae se ontdekkings lê voor!Read more