• Dag 2 - Makgadikgadi- nasionale park

    2018年3月15日, ボツワナ ⋅ ☀️ 25 °C

    Weg se Botswana-fototoer is op dreef: die mense is hier, van Ceres en Kathu, Centurion en Johannesburg.
    Oor die volgende 12 dae gaan ons foto's neem dat dit klap! Ons toer saam met Mpafa Travel en Bhejane 4x4 Adventures. Vanoggend was ons in die Makgadikgadi- nasionale park en het hope olifante, twee leeus en handvol koedoe, seekoei, gemsbok en rooibok gesien. Ons oornag by Tiaan's Camp buite Xhumaga teen die Botetirivier.もっと詳しく