Dag 12 - Tot siens
March 25, 2018 in Botswana ⋅ ☀️ 22 °C
Dit is tyd om te groet. Vandag ry meeste van ons toerlede terug in die rigting van die huis - Suid-Afrika - oor Francistown en Palapye. Enkeles ry Namibië om, met nog avontuur wat wag. Vir oulaas eetRead more
Dag 11 - Chobe- nasionale park
March 24, 2018 in Botswana ⋅ ⛅ 22 °C
Vandag: teeltroppe rooibok van honderd sterk, visarende, waterlikkewane, olifante wat uit die bosse verskyn soos skimme, olifante wat in die water speel soos kinders, olifante wat stil verbyseil soosRead more
Dag 10 - Victoriawaterval
March 23, 2018 in Zambia ⋅ 🌙 -4 °C
Die reënweer bly by ons vandag. Dis koel en bewolk wanneer ons die grens oorsteek na Zimbabwe. In Vic Falls aangekom gaan party toerlede op helikoptervlugte terwyl ander te voet die bulderendeRead more
Dag 9 - Na Katima en Kasane
March 22, 2018 in Zambia ⋅ ⛅ 11 °C
Ooswaarts deur Namibië se Zambesistreek oor die Okavango- en Kwandorivier tot by Katima Mulilo waar ons bene rek en middagete geniet by Caprivi Houseboat Safari Lodge. Langs ons loop dieRead more
Dag 8 - Ngepi Camp
March 21, 2018 in Namibia ⋅ 🌧 16 °C
Dit is rusdag vandag, maar party toerlede besoek BwaBwata- nasionale park, ander weer Mahango. Weg-joernalis Toast Coetzer doen fotografiesessies met lesers en verder word dinge rustig gevat by eenRead more
Dag 7 - Mahango-wildreservaat
March 20, 2018 in Namibia ⋅ ☀️ 17 °C
Die Mahango-sektor van Namibië se BwaBwata- nasionale park is een van die Weg Botswana-fototoer se geheime wapens, want hier sien ons fotograwe gewoonlik in skaars 'n oggend als van sebra, kameelperdRead more
Dag 6 - Tsodilo na Ngepi
March 19, 2018 in Namibia ⋅ ⛅ 24 °C
Tsodilo-heuwels teen dagbreek is 'n goeie plek om te wees, en ná laasnag se sagte reën is dit amper koel wanneer ons gaan stap om na die rotstekeninge te kyk. Voetpadlangs let ons mense (en hulRead more
Dag 5 - Na Tsodilo-heuwels
March 18, 2018 in Botswana ⋅ 🌧 3 °C
Ons konvooi van 9 voertuie verlaat vandag Maun en ry na Sehitwa waar ons noord draai. Die pad is goor - slaggate soos jy lanklaas gesien het - maar dit lei ons darem na 'n mooi plek: Sepopa Swamp StopRead more
Dag 4 - Maun
March 17, 2018 in Botswana ⋅ ⛅ 25 °C
Vandag ry toerlede in dorp toe - na Maun - waar meeste mense besigtigingsvlugte onderneem oor die Okavangodelta. Padlangs lê Botswana geilgroen na onlangse reën. Ons drink koffie by die TshillieRead more
Dag 3 - Tiaan's na Drifters Maun Lodge
March 16, 2018 in Botswana ⋅ ⛅ 10 °C
Ons klein konvooi steek vandag die Botetirivier oor by Xhumaga en by die ingangshek na die Makgadikgadi- nasionale park kry ons 'n kort praatjie by navorsers van Elephants for Africa. Daarna sien onsRead more
Dag 2 - Makgadikgadi- nasionale park
March 15, 2018 in Botswana ⋅ ☀️ 25 °C
Weg se Botswana-fototoer is op dreef: die mense is hier, van Ceres en Kathu, Centurion en Johannesburg.
Oor die volgende 12 dae gaan ons foto's neem dat dit klap! Ons toer saam met Mpafa Travel enRead more
Dag 1 - Lephalale na Tiaan's Camp
March 14, 2018 in Botswana ⋅ ⛅ 22 °C
Vandag ry ons 'n groene Botswana binne by Stockpoort, koop koffie in Mahalapye, draairoomys in Serowe, Coke en hoender in Letlhakane, maak vol in Rakops en kom laatmiddag by Tiaan's Camp buite XhumagaRead more









































































