• Dag 12 - Tot siens

    25. maaliskuuta 2018, Botswana ⋅ ☀️ 22 °C

    Dit is tyd om te groet. Vandag ry meeste van ons toerlede terug in die rigting van die huis - Suid-Afrika - oor Francistown en Palapye. Enkeles ry Namibië om, met nog avontuur wat wag. Vir oulaas eet ons saam ontbyt, deel koffie om die kampvuur en probeer die minute uitrek. Stories en herinneringe word ingepak saam met kampgoed (alhoewel iemand se stukkende kampstoel agterbly), en die voertuie verlaat die kampterrein een vir een.

    Lus om saam met Weg op toer te gaan? Kyk op weg.co.za na al ons toere regoor Suider-Afrika.
    Lue lisää