• Dag 11 - Chobe- nasionale park

    24. marts 2018, Botswana ⋅ ⛅ 22 °C

    Vandag: teeltroppe rooibok van honderd sterk, visarende, waterlikkewane, olifante wat uit die bosse verskyn soos skimme, olifante wat in die water speel soos kinders, olifante wat stil verbyseil soos skepe, 'n leeuwyfie alleen op pad, buffels, koedoes, poekoes, waterbokke, kameelperde, swartreier, witreier, ralreier, groenrugreier. Die wolke wat stapels maak op die horison. Die glimlagte van die mense op ons boot. Jack Katanga, ons drywer vanoggend en bootkaptein vanmiddag, wat ons na kuifkopvisvangertjies lei, geduldig wag terwyl ons als afneem. Dankie, Jack, Chobe en Botswana. Dankie ook aan die Mpafa/Bhejane-span: Douwe, Gilbert, Mpho en Dries. Tot volgende keer.Læs mere