• WegTydskrif
  • WegTydskrif

Weg Agterpaaie Vrystaat

In die vierde reeks van Weg Agterpaaie ry joernaliste Sophia van Taak en Toast Coetzer deur die Vrystaat. Læs mere
  • Dag 30 - Dewetsdorp

    29. oktober 2018, Sydafrika ⋅ ☀️ 32 °C

    Ons maandlange reis deur die Vrystaat is op 'n einde. Die dag begin in Rosendal - ons ry oor Ficksburg, Clocolan en Hobhouse na Dewetsdorp. Hier besoek ons die Jimmie Roos-nywerheidskool waar Joggie Jansen (voormalige Springbokrugbyspeler) terapie met kinders doen deur perde in te span. Kliniese sielkundige Stefan Burger vertel ons hoe dié skool kinders se lewens kan verander - en hy speel vir ons 'n liedjie oor die Vrystaat. Die skool se gumboot-dancers lewer 'n puik vertoning vir die kameras. Dan klink ons vir oulaas 'n glasie Rhebokskloof. Dankie aan almal wat ons padlangs ontvang en gehelp het. Dankie ook aan ons puik kameramanne, Christiaan Kritzinger en Louw Prinsloo. Weg Agterpaaie Vrystaat begin op 9 Janaurie 2019 op Via TV.

    Oornagplek: Die Wilgers, Jimmie Roos (29 Okt)
    Ashwood Guesthouse & Spa (30 Okt)

    Weg Agterpaaie Vrystaat is ondersteun deur lekkeslaap.co.za, Isuzu SA, Land Rover-slimfone en Rhebokskloof-wynlandgoed.
    Læs mere

  • Dag 29 - Rosendal

    28. oktober 2018, Sydafrika ⋅ ☀️ 18 °C

    Dis Sondag in Rosendal. Ons eet ontbyt by Benjamin's en gesels met eienaar Frik de Jager. Dan kuier ons by kunstenaars Willem en Linda Pretorius en hulle kroos. Laatmiddag is die span by die dorpsdam om die episode af te sluit, dan gaan braai ons by Godfrey Hill. Sy hond, Misha, patrolleer die grondpad.Læs mere

  • Dag 28 - Rosendal

    27. oktober 2018, Sydafrika ⋅ ☀️ 18 °C

    Rosendal se mense hou mark vandag - ons gesels koffie, pannekoek, kaas en botter. Daarna besoek ons Mautse se Project Nkgono en help om 'n ouma se nuwe huis te verf. Vroegaand kuier ons weer saam met die vriendelike Rosendallers, dié slag by Chris se Plek - sanger Herman van den Berg tree vanaand op by die Rosendal-teater. Dankie!

    Oornagplek: De Tuinen, Rosendal
    Læs mere

  • Dag 27 - Ficksburg na Rosendal

    26. oktober 2018, Sydafrika ⋅ 🌙 18 °C

    Wie sou kon raai dat Ficksburg se Pellissier-galery (verskuil in 'n ou skoolsaal by die dorp se laerskool) nie net Pierneefs bevat nie, maar werk deur 'n rits ander groot Suid-Afrikaanse kunstenaars? En dat die pad na die Welgelegen-kersieplaas, en verder verby Slabberts na Rosendal een van die mooistes in die land is? En dat ons by Benjamin's in Rosendal verwelkom sou word met 'n langtafel-feesmaal?

    Oornagplek: De Tuinen, Rosendal.
    Læs mere

  • Dag 25 - Clarens

    24. oktober 2018, Sydafrika ⋅ 🌙 20 °C

    Ons kyk hoe kaas gemaak word by Noah's Cheeses net buite Clarens, en probeer dan tevergeefs om by Highland Coffee te leer hoe om 'n "prentjie" in die melkskuim van 'n cupaccino te maak. (Ons drink eerder net nog koffie...) Ons leer ook iets oor Basothokomberse en waarom hulle so belangrike rol in die Sotho-kultuur vervul. Dan verlaat ons Clarens en ry oor Fouriesburg na die gasteplaas Moolmanshoek.

    Oornagplek: Moolmanshoek
    Læs mere

  • Dag 23 - Lindley

    22. oktober 2018, Sydafrika ⋅ ⛅ 9 °C

    By die Lindley-meule skakel oom Hekkie van Rensburg sy getroue Ruston & Hornsby-enjin vir ons aan, en hy wys hoe hulle al vir meer as 50 jaar mieliemeel maal. Paul Fouché van Lindley Motors versamel skaars Ford-modelle - ons ry saam met hom in sy 1966 Ford Cortina Mk 1 GT. Bradley Gibbons van die Endangered Wildlife Trust neem ons later die veld in, waar ons ouvolk soek (en kry). Net na sononder ry ons na Clarens.

    Oornagplek: Mt Horeb Manor, Clarens
    Læs mere

  • Dag 22 - Rusdag in Lindley

    21. oktober 2018, Sydafrika ⋅ 🌬 14 °C

    Om nege-uur vanoggend lui die NG-kerk se klok, regoor die hotel waar ons tuisgaan. Vandag rus die Weg Agterpaaie Vrystaat-span, maar daar is tyd om die dorp (en die begraafplaas) te voet te verken. Tussendeur eet ons (weer) lekker - voorgereg vir middagete was skaapstertjies, en vroeër vanaand het ons wors gebraai.

    Oornagplek: Lindley-hotel
    Læs mere

  • Dag 20 - Parys

    19. oktober 2018, Sydafrika ⋅ 🌙 20 °C

    Vandag besoek ons die inspirerende span van Parys River Clay Bracelets waar epilepsie-lyers en enkelmoeders van die plaaslike gemeenskap pragtige kraletjie-armbande maak wat op die oorsese toeristemark verkoop word. Ons sluit die episode af by Parys se geskiedkundige hangbrug waar verliefdes hulle slotjies kom hang.

    Oornagplek: Pluvio-gastehuis, Parys
    Læs mere

  • Dag 16 - Florisbad

    15. oktober 2018, Sydafrika ⋅ 🌙 16 °C

    Daryl Codron van die Nasionale Museum in Bloemfontein neem ons deur die Florisbad-opgrawingsterrein waar ons o.a. die beendere van reusebuffels sien - hulle horings was 4 m wyd! Ons sien ook die oorspronklike fontein waar warm water vandag nog uitborrel. Daarna ry ons oor Bultfontein na Hoopstad.

    Oornagplek: ClearWater Guest Farm
    Læs mere

  • Dag 15 - Soutpan

    14. oktober 2018, Sydafrika ⋅ 🌧 18 °C

    Dis Sondag by Soutpan - wáár?? Toemaar, ons het ook nie voor vandag veel geweet van dié "geheime" Vrystaatse dorpie nie. By die Truksvy-padstal word ons onthaal op beesstertbredie, hoenderpastei, stampmielies, groenbone, pampoen en malvapoeding. Na 'n trekkertoer deur die dorp besoek ons ook 'n soutplasie. Dankie, julle!

    Oornagplek: Florisbad-oord
    Læs mere

  • Dag 14 - Paardeberg

    13. oktober 2018, Sydafrika ⋅ ⛅ 12 °C

    Dis tyd vir bietjie geskiedenis vandag. Ons ontmoet vir Johan Hattingh by die Anglo-Boere-oorlogslagveld Paardeberg tussen Jacobsdal en Boshoff. Hy vertel ons hoe dinge in Februarie 1900 hier ontvou het. Ons ontmoet ook die vriendelike mense van Bloem se Land Rover-klub, en ry daarna in koel reënweer na Florisbad.

    Oornagplek: Florisbad-oord
    Læs mere

  • Dag 12 - Jacobsdal

    11. oktober 2018, Sydafrika ⋅ 🌙 27 °C

    Jacobsdal se landbouskool, Landboudal, is ons gasheer vanoggend. Toast en Sophia leer skyfskiet by van die skool se topskuts, kyk waaroor "kanaalry" gaan en bewonder die manne van die toutrekspan. Vir middagete is ons by Môredou-padstal waar Odri Holtzhausen en haar baksters ons leer pasteie maak!

    Oornagplek: Du-Villa B&B
    Læs mere

  • Dag 11 - Na Luckhoff en Jacobsdal

    10. oktober 2018, Sydafrika ⋅ ⛅ 26 °C

    Vandag vat ons 'n laaitie skool toe in Philippolis. Dan koop ons wors en braai dit op Driefontein, plaas van Van Zyl Schoeman. Hy is nie tuis nie, maar dis OK (hy't gesê ons kan). Ons drink weer Oros. Ons ry die agterste van alle agterpaaie. Sophia maak 10 hekke oop. In Luckhoff koop ons roomys. Ons kyk windpomp. Laatmiddag is ons by Siloam Lodge buite Jacobsdal - en ons braai weer!

    Oornagplek: Siloam Lodge, Jacobsdal.
    Læs mere

  • Dag 10 - Orrel, sosaties en skaaphonde

    9. oktober 2018, Sydafrika ⋅ 🌙 27 °C

    Philippolis se NG-kerk het 'n orrel wat jou asem wegslaan - en orrelis Nicolene Gibbons speel hom vir ons dat die vensters ratel. Daarna help ons sosaties inryg by die skougronde (voorbereiding vir die komende Saalperdskou) en dan wys DG Snyman van die plaas Leliefontein hoe sy getroue skaaphonde skaap werk. En ons drink weer Oros!

    Oornagplek: Die Groenhuis, Philippolis
    Læs mere