Dag 30 - Dewetsdorp
2018年10月29日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 32 °C
Ons maandlange reis deur die Vrystaat is op 'n einde. Die dag begin in Rosendal - ons ry oor Ficksburg, Clocolan en Hobhouse na Dewetsdorp. Hier besoek ons die Jimmie Roos-nywerheidskool waar Joggieもっと詳しく
Dag 29 - Rosendal
2018年10月28日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 18 °C
Dis Sondag in Rosendal. Ons eet ontbyt by Benjamin's en gesels met eienaar Frik de Jager. Dan kuier ons by kunstenaars Willem en Linda Pretorius en hulle kroos. Laatmiddag is die span by die dorpsdamもっと詳しく
Dag 28 - Rosendal
2018年10月27日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 18 °C
Rosendal se mense hou mark vandag - ons gesels koffie, pannekoek, kaas en botter. Daarna besoek ons Mautse se Project Nkgono en help om 'n ouma se nuwe huis te verf. Vroegaand kuier ons weer saam metもっと詳しく
Dag 27 - Ficksburg na Rosendal
2018年10月26日, 南アフリカ ⋅ 🌙 18 °C
Wie sou kon raai dat Ficksburg se Pellissier-galery (verskuil in 'n ou skoolsaal by die dorp se laerskool) nie net Pierneefs bevat nie, maar werk deur 'n rits ander groot Suid-Afrikaanse kunstenaars?もっと詳しく
Dag 26 - Moolmanshoek
2018年10月25日, 南アフリカ ⋅ ☀️ 18 °C
Moolmanshoek vandag: ons ry perd, kyk wild en verlustig ons aan die sonderlinge skoonheid van dié stukkie aarde.
Oornagplek: Moolmanshoek
Dag 25 - Clarens
2018年10月24日, 南アフリカ ⋅ 🌙 20 °C
Ons kyk hoe kaas gemaak word by Noah's Cheeses net buite Clarens, en probeer dan tevergeefs om by Highland Coffee te leer hoe om 'n "prentjie" in die melkskuim van 'n cupaccino te maak. (Ons drinkもっと詳しく
Dag 24 - Clarens
2018年10月23日, 南アフリカ ⋅ 🌙 13 °C
Fritz en Yolandé Boshoff en Happy Motaung is die klein maar gedugte span mesmakers by Bossie's Knives. Ons leer die fynere kunsies van knipmes- en jagmesmaak. Dis 'n mooi dag in Clarens, met somer inもっと詳しく
Dag 23 - Lindley
2018年10月22日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 9 °C
By die Lindley-meule skakel oom Hekkie van Rensburg sy getroue Ruston & Hornsby-enjin vir ons aan, en hy wys hoe hulle al vir meer as 50 jaar mieliemeel maal. Paul Fouché van Lindley Motors versamelもっと詳しく
Dag 22 - Rusdag in Lindley
2018年10月21日, 南アフリカ ⋅ 🌬 14 °C
Om nege-uur vanoggend lui die NG-kerk se klok, regoor die hotel waar ons tuisgaan. Vandag rus die Weg Agterpaaie Vrystaat-span, maar daar is tyd om die dorp (en die begraafplaas) te voet te verken.もっと詳しく
Dag 21 - Villiers, Frankfort, Reitz
2018年10月20日, 南アフリカ ⋅ 🌬 12 °C
Dis Saterdag en ons verlaat Parys en ry eers oos na Oranjeville en die Vaaldam. Dan koop ons Die Padstal by Villiers leeg voor ons op plase in die Frankfort- en Reitz-distrik gaan kuier. Dis koud,もっと詳しく
Dag 20 - Parys
2018年10月19日, 南アフリカ ⋅ 🌙 20 °C
Vandag besoek ons die inspirerende span van Parys River Clay Bracelets waar epilepsie-lyers en enkelmoeders van die plaaslike gemeenskap pragtige kraletjie-armbande maak wat op die oorseseもっと詳しく
Dag 19 - Parys
2018年10月18日, 南アフリカ ⋅ 🌙 15 °C
Vandag ry ons van die Viljoenskroon-distrik deur die Vredefort-koepel na Parys. Naby Skandinawiëdrif proe ons likeure (gemaak met alkohol gestook van heuning) by Hanzet. Die middag eindig langs dieもっと詳しく
Dag 18 - OD, Welkom en Hennenman
2018年10月17日, 南アフリカ ⋅ 🌙 16 °C
Dis 'n vol dag: In OD oftewel Odendaalsrus wys Joe Regal ons sy taksidermie-besigheid, buite Welkom sweef ons saam met die mense van die Goldfields-sweefklub en in rigting Hennenman proe onsもっと詳しく
Dag 17 - Mielies
2018年10月16日, 南アフリカ ⋅ ☁️ 17 °C
Vandag gesels ons mielies en nog mielies - tussen Hentie Helm se plaas buite Hoopstad en Senwes se silokompleks in Wesselsbron. Dan ontspan ons by ClearWater Guest Farm buite Hoopstad, waar onsもっと詳しく
Dag 16 - Florisbad
2018年10月15日, 南アフリカ ⋅ 🌙 16 °C
Daryl Codron van die Nasionale Museum in Bloemfontein neem ons deur die Florisbad-opgrawingsterrein waar ons o.a. die beendere van reusebuffels sien - hulle horings was 4 m wyd! Ons sien ook dieもっと詳しく
Dag 15 - Soutpan
2018年10月14日, 南アフリカ ⋅ 🌧 18 °C
Dis Sondag by Soutpan - wáár?? Toemaar, ons het ook nie voor vandag veel geweet van dié "geheime" Vrystaatse dorpie nie. By die Truksvy-padstal word ons onthaal op beesstertbredie, hoenderpastei,もっと詳しく
Dag 14 - Paardeberg
2018年10月13日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 12 °C
Dis tyd vir bietjie geskiedenis vandag. Ons ontmoet vir Johan Hattingh by die Anglo-Boere-oorlogslagveld Paardeberg tussen Jacobsdal en Boshoff. Hy vertel ons hoe dinge in Februarie 1900 hier ontvouもっと詳しく
Dag 13 - Bultfontein
2018年10月12日, 南アフリカ ⋅ ☁️ 17 °C
Vandag ry ons 240 km van Jacobsdal na Bultfontein om 'n BKB-veiling op Flippie Blignaut se plaas Sardinia by te woon. Ons gesels met die afslaer, kyk Bonsmaras, eet steak en pas goed in met onsもっと詳しく
Dag 12 - Jacobsdal
2018年10月11日, 南アフリカ ⋅ 🌙 27 °C
Jacobsdal se landbouskool, Landboudal, is ons gasheer vanoggend. Toast en Sophia leer skyfskiet by van die skool se topskuts, kyk waaroor "kanaalry" gaan en bewonder die manne van die toutrekspan. Virもっと詳しく
Dag 11 - Na Luckhoff en Jacobsdal
2018年10月10日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 26 °C
Vandag vat ons 'n laaitie skool toe in Philippolis. Dan koop ons wors en braai dit op Driefontein, plaas van Van Zyl Schoeman. Hy is nie tuis nie, maar dis OK (hy't gesê ons kan). Ons drink weerもっと詳しく
Dag 10 - Orrel, sosaties en skaaphonde
2018年10月9日, 南アフリカ ⋅ 🌙 27 °C
Philippolis se NG-kerk het 'n orrel wat jou asem wegslaan - en orrelis Nicolene Gibbons speel hom vir ons dat die vensters ratel. Daarna help ons sosaties inryg by die skougronde (voorbereiding virもっと詳しく
Dag 9 - Philippolis
2018年10月8日, 南アフリカ ⋅ 🌙 24 °C
Vandag drink ons twee keer Oros, gesels duiwe en hoenders, en luister boeremusiek op 'n stoep in die hoofstraat van Philippolis.
Dag 8 - Rusdag
2018年10月7日, 南アフリカ ⋅ 🌙 25 °C
Die Weg Agterpaaie-span het 'n rusdag vandag. Ons ry van Letsatsi Game Lodge na Bethulie en dan verby Gariep, oor die N1 en volg dan 'n agterpad na Philippolis, waar ons die volgende drie aandeもっと詳しく
Dag 7 - Rotskuns en grondpaaie
2018年10月6日, 南アフリカ ⋅ ⛅ 18 °C
Die Suid-Vrystaat gee sy mooiste vandag: grondpaaie om van te droom tussen Smithfield, Rouxville, Aliwal en Goedemoed. Rotskuns onder 'n oorhang op die plaas Sterkstroom saam met die Lombaards.もっと詳しく
Dag 6 - Merinoskape en okkerneute
2018年10月5日, 南アフリカ ⋅ 🌙 12 °C
Weg Agterpaaie Vrystaat is steeds in die Smithfield-distrik vanoggend. Ons kuier op Heuningkrans by Lizette en Eddie Prinsloo en gesels Merinoskape en grondkwessies. Dan ry ons tot naby Aliwal-Noordもっと詳しく
























































































































































