Dag 30 - Dewetsdorp
29 października 2018, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 32 °C
Ons maandlange reis deur die Vrystaat is op 'n einde. Die dag begin in Rosendal - ons ry oor Ficksburg, Clocolan en Hobhouse na Dewetsdorp. Hier besoek ons die Jimmie Roos-nywerheidskool waar Joggie Czytaj więcej
Dag 29 - Rosendal
28 października 2018, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 18 °C
Dis Sondag in Rosendal. Ons eet ontbyt by Benjamin's en gesels met eienaar Frik de Jager. Dan kuier ons by kunstenaars Willem en Linda Pretorius en hulle kroos. Laatmiddag is die span by die dorpsdam Czytaj więcej
Dag 28 - Rosendal
27 października 2018, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 18 °C
Rosendal se mense hou mark vandag - ons gesels koffie, pannekoek, kaas en botter. Daarna besoek ons Mautse se Project Nkgono en help om 'n ouma se nuwe huis te verf. Vroegaand kuier ons weer saam met Czytaj więcej
Dag 27 - Ficksburg na Rosendal
26 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 18 °C
Wie sou kon raai dat Ficksburg se Pellissier-galery (verskuil in 'n ou skoolsaal by die dorp se laerskool) nie net Pierneefs bevat nie, maar werk deur 'n rits ander groot Suid-Afrikaanse kunstenaars? Czytaj więcej
Dag 26 - Moolmanshoek
25 października 2018, Afryka Południowa ⋅ ☀️ 18 °C
Moolmanshoek vandag: ons ry perd, kyk wild en verlustig ons aan die sonderlinge skoonheid van dié stukkie aarde.
Oornagplek: Moolmanshoek
Dag 25 - Clarens
24 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 20 °C
Ons kyk hoe kaas gemaak word by Noah's Cheeses net buite Clarens, en probeer dan tevergeefs om by Highland Coffee te leer hoe om 'n "prentjie" in die melkskuim van 'n cupaccino te maak. (Ons drink Czytaj więcej
Dag 24 - Clarens
23 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 13 °C
Fritz en Yolandé Boshoff en Happy Motaung is die klein maar gedugte span mesmakers by Bossie's Knives. Ons leer die fynere kunsies van knipmes- en jagmesmaak. Dis 'n mooi dag in Clarens, met somer in Czytaj więcej
Dag 23 - Lindley
22 października 2018, Afryka Południowa ⋅ ⛅ 9 °C
By die Lindley-meule skakel oom Hekkie van Rensburg sy getroue Ruston & Hornsby-enjin vir ons aan, en hy wys hoe hulle al vir meer as 50 jaar mieliemeel maal. Paul Fouché van Lindley Motors versamel Czytaj więcej
Dag 22 - Rusdag in Lindley
21 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌬 14 °C
Om nege-uur vanoggend lui die NG-kerk se klok, regoor die hotel waar ons tuisgaan. Vandag rus die Weg Agterpaaie Vrystaat-span, maar daar is tyd om die dorp (en die begraafplaas) te voet te verken. Czytaj więcej
Dag 21 - Villiers, Frankfort, Reitz
20 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌬 12 °C
Dis Saterdag en ons verlaat Parys en ry eers oos na Oranjeville en die Vaaldam. Dan koop ons Die Padstal by Villiers leeg voor ons op plase in die Frankfort- en Reitz-distrik gaan kuier. Dis koud, Czytaj więcej
Dag 20 - Parys
19 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 20 °C
Vandag besoek ons die inspirerende span van Parys River Clay Bracelets waar epilepsie-lyers en enkelmoeders van die plaaslike gemeenskap pragtige kraletjie-armbande maak wat op die oorsese Czytaj więcej
Dag 19 - Parys
18 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 15 °C
Vandag ry ons van die Viljoenskroon-distrik deur die Vredefort-koepel na Parys. Naby Skandinawiëdrif proe ons likeure (gemaak met alkohol gestook van heuning) by Hanzet. Die middag eindig langs die Czytaj więcej
Dag 18 - OD, Welkom en Hennenman
17 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 16 °C
Dis 'n vol dag: In OD oftewel Odendaalsrus wys Joe Regal ons sy taksidermie-besigheid, buite Welkom sweef ons saam met die mense van die Goldfields-sweefklub en in rigting Hennenman proe ons Czytaj więcej
Dag 17 - Mielies
16 października 2018, Afryka Południowa ⋅ ☁️ 17 °C
Vandag gesels ons mielies en nog mielies - tussen Hentie Helm se plaas buite Hoopstad en Senwes se silokompleks in Wesselsbron. Dan ontspan ons by ClearWater Guest Farm buite Hoopstad, waar ons Czytaj więcej
Dag 16 - Florisbad
15 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 16 °C
Daryl Codron van die Nasionale Museum in Bloemfontein neem ons deur die Florisbad-opgrawingsterrein waar ons o.a. die beendere van reusebuffels sien - hulle horings was 4 m wyd! Ons sien ook die Czytaj więcej
Dag 15 - Soutpan
14 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌧 18 °C
Dis Sondag by Soutpan - wáár?? Toemaar, ons het ook nie voor vandag veel geweet van dié "geheime" Vrystaatse dorpie nie. By die Truksvy-padstal word ons onthaal op beesstertbredie, hoenderpastei, Czytaj więcej
Dag 14 - Paardeberg
13 października 2018, Afryka Południowa ⋅ ⛅ 12 °C
Dis tyd vir bietjie geskiedenis vandag. Ons ontmoet vir Johan Hattingh by die Anglo-Boere-oorlogslagveld Paardeberg tussen Jacobsdal en Boshoff. Hy vertel ons hoe dinge in Februarie 1900 hier ontvou Czytaj więcej
Dag 13 - Bultfontein
12 października 2018, Afryka Południowa ⋅ ☁️ 17 °C
Vandag ry ons 240 km van Jacobsdal na Bultfontein om 'n BKB-veiling op Flippie Blignaut se plaas Sardinia by te woon. Ons gesels met die afslaer, kyk Bonsmaras, eet steak en pas goed in met ons Czytaj więcej
Dag 12 - Jacobsdal
11 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 27 °C
Jacobsdal se landbouskool, Landboudal, is ons gasheer vanoggend. Toast en Sophia leer skyfskiet by van die skool se topskuts, kyk waaroor "kanaalry" gaan en bewonder die manne van die toutrekspan. Vir Czytaj więcej
Dag 11 - Na Luckhoff en Jacobsdal
10 października 2018, Afryka Południowa ⋅ ⛅ 26 °C
Vandag vat ons 'n laaitie skool toe in Philippolis. Dan koop ons wors en braai dit op Driefontein, plaas van Van Zyl Schoeman. Hy is nie tuis nie, maar dis OK (hy't gesê ons kan). Ons drink weer Czytaj więcej
Dag 10 - Orrel, sosaties en skaaphonde
9 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 27 °C
Philippolis se NG-kerk het 'n orrel wat jou asem wegslaan - en orrelis Nicolene Gibbons speel hom vir ons dat die vensters ratel. Daarna help ons sosaties inryg by die skougronde (voorbereiding vir Czytaj więcej
Dag 9 - Philippolis
8 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 24 °C
Vandag drink ons twee keer Oros, gesels duiwe en hoenders, en luister boeremusiek op 'n stoep in die hoofstraat van Philippolis.
Dag 8 - Rusdag
7 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 25 °C
Die Weg Agterpaaie-span het 'n rusdag vandag. Ons ry van Letsatsi Game Lodge na Bethulie en dan verby Gariep, oor die N1 en volg dan 'n agterpad na Philippolis, waar ons die volgende drie aande Czytaj więcej
Dag 7 - Rotskuns en grondpaaie
6 października 2018, Afryka Południowa ⋅ ⛅ 18 °C
Die Suid-Vrystaat gee sy mooiste vandag: grondpaaie om van te droom tussen Smithfield, Rouxville, Aliwal en Goedemoed. Rotskuns onder 'n oorhang op die plaas Sterkstroom saam met die Lombaards. Czytaj więcej
Dag 6 - Merinoskape en okkerneute
5 października 2018, Afryka Południowa ⋅ 🌙 12 °C
Weg Agterpaaie Vrystaat is steeds in die Smithfield-distrik vanoggend. Ons kuier op Heuningkrans by Lizette en Eddie Prinsloo en gesels Merinoskape en grondkwessies. Dan ry ons tot naby Aliwal-Noord Czytaj więcej
























































































































































