Dag 30 - Dewetsdorp
29 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 32 °C
Ons maandlange reis deur die Vrystaat is op 'n einde. Die dag begin in Rosendal - ons ry oor Ficksburg, Clocolan en Hobhouse na Dewetsdorp. Hier besoek ons die Jimmie Roos-nywerheidskool waar JoggieЧитать далее
Dag 29 - Rosendal
28 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 18 °C
Dis Sondag in Rosendal. Ons eet ontbyt by Benjamin's en gesels met eienaar Frik de Jager. Dan kuier ons by kunstenaars Willem en Linda Pretorius en hulle kroos. Laatmiddag is die span by die dorpsdamЧитать далее
Dag 28 - Rosendal
27 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 18 °C
Rosendal se mense hou mark vandag - ons gesels koffie, pannekoek, kaas en botter. Daarna besoek ons Mautse se Project Nkgono en help om 'n ouma se nuwe huis te verf. Vroegaand kuier ons weer saam metЧитать далее
Dag 27 - Ficksburg na Rosendal
26 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 18 °C
Wie sou kon raai dat Ficksburg se Pellissier-galery (verskuil in 'n ou skoolsaal by die dorp se laerskool) nie net Pierneefs bevat nie, maar werk deur 'n rits ander groot Suid-Afrikaanse kunstenaars?Читать далее
Dag 26 - Moolmanshoek
25 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ ☀️ 18 °C
Moolmanshoek vandag: ons ry perd, kyk wild en verlustig ons aan die sonderlinge skoonheid van dié stukkie aarde.
Oornagplek: Moolmanshoek
Dag 25 - Clarens
24 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 20 °C
Ons kyk hoe kaas gemaak word by Noah's Cheeses net buite Clarens, en probeer dan tevergeefs om by Highland Coffee te leer hoe om 'n "prentjie" in die melkskuim van 'n cupaccino te maak. (Ons drinkЧитать далее
Dag 24 - Clarens
23 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 13 °C
Fritz en Yolandé Boshoff en Happy Motaung is die klein maar gedugte span mesmakers by Bossie's Knives. Ons leer die fynere kunsies van knipmes- en jagmesmaak. Dis 'n mooi dag in Clarens, met somer inЧитать далее
Dag 23 - Lindley
22 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 9 °C
By die Lindley-meule skakel oom Hekkie van Rensburg sy getroue Ruston & Hornsby-enjin vir ons aan, en hy wys hoe hulle al vir meer as 50 jaar mieliemeel maal. Paul Fouché van Lindley Motors versamelЧитать далее
Dag 22 - Rusdag in Lindley
21 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌬 14 °C
Om nege-uur vanoggend lui die NG-kerk se klok, regoor die hotel waar ons tuisgaan. Vandag rus die Weg Agterpaaie Vrystaat-span, maar daar is tyd om die dorp (en die begraafplaas) te voet te verken.Читать далее
Dag 21 - Villiers, Frankfort, Reitz
20 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌬 12 °C
Dis Saterdag en ons verlaat Parys en ry eers oos na Oranjeville en die Vaaldam. Dan koop ons Die Padstal by Villiers leeg voor ons op plase in die Frankfort- en Reitz-distrik gaan kuier. Dis koud,Читать далее
Dag 20 - Parys
19 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 20 °C
Vandag besoek ons die inspirerende span van Parys River Clay Bracelets waar epilepsie-lyers en enkelmoeders van die plaaslike gemeenskap pragtige kraletjie-armbande maak wat op die oorseseЧитать далее
Dag 19 - Parys
18 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 15 °C
Vandag ry ons van die Viljoenskroon-distrik deur die Vredefort-koepel na Parys. Naby Skandinawiëdrif proe ons likeure (gemaak met alkohol gestook van heuning) by Hanzet. Die middag eindig langs dieЧитать далее
Dag 18 - OD, Welkom en Hennenman
17 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 16 °C
Dis 'n vol dag: In OD oftewel Odendaalsrus wys Joe Regal ons sy taksidermie-besigheid, buite Welkom sweef ons saam met die mense van die Goldfields-sweefklub en in rigting Hennenman proe onsЧитать далее
Dag 17 - Mielies
16 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ ☁️ 17 °C
Vandag gesels ons mielies en nog mielies - tussen Hentie Helm se plaas buite Hoopstad en Senwes se silokompleks in Wesselsbron. Dan ontspan ons by ClearWater Guest Farm buite Hoopstad, waar onsЧитать далее
Dag 16 - Florisbad
15 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 16 °C
Daryl Codron van die Nasionale Museum in Bloemfontein neem ons deur die Florisbad-opgrawingsterrein waar ons o.a. die beendere van reusebuffels sien - hulle horings was 4 m wyd! Ons sien ook dieЧитать далее
Dag 15 - Soutpan
14 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌧 18 °C
Dis Sondag by Soutpan - wáár?? Toemaar, ons het ook nie voor vandag veel geweet van dié "geheime" Vrystaatse dorpie nie. By die Truksvy-padstal word ons onthaal op beesstertbredie, hoenderpastei,Читать далее
Dag 14 - Paardeberg
13 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 12 °C
Dis tyd vir bietjie geskiedenis vandag. Ons ontmoet vir Johan Hattingh by die Anglo-Boere-oorlogslagveld Paardeberg tussen Jacobsdal en Boshoff. Hy vertel ons hoe dinge in Februarie 1900 hier ontvouЧитать далее
Dag 13 - Bultfontein
12 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ ☁️ 17 °C
Vandag ry ons 240 km van Jacobsdal na Bultfontein om 'n BKB-veiling op Flippie Blignaut se plaas Sardinia by te woon. Ons gesels met die afslaer, kyk Bonsmaras, eet steak en pas goed in met onsЧитать далее
Dag 12 - Jacobsdal
11 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 27 °C
Jacobsdal se landbouskool, Landboudal, is ons gasheer vanoggend. Toast en Sophia leer skyfskiet by van die skool se topskuts, kyk waaroor "kanaalry" gaan en bewonder die manne van die toutrekspan. VirЧитать далее
Dag 11 - Na Luckhoff en Jacobsdal
10 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 26 °C
Vandag vat ons 'n laaitie skool toe in Philippolis. Dan koop ons wors en braai dit op Driefontein, plaas van Van Zyl Schoeman. Hy is nie tuis nie, maar dis OK (hy't gesê ons kan). Ons drink weerЧитать далее
Dag 10 - Orrel, sosaties en skaaphonde
9 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 27 °C
Philippolis se NG-kerk het 'n orrel wat jou asem wegslaan - en orrelis Nicolene Gibbons speel hom vir ons dat die vensters ratel. Daarna help ons sosaties inryg by die skougronde (voorbereiding virЧитать далее
Dag 9 - Philippolis
8 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 24 °C
Vandag drink ons twee keer Oros, gesels duiwe en hoenders, en luister boeremusiek op 'n stoep in die hoofstraat van Philippolis.
Dag 8 - Rusdag
7 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 25 °C
Die Weg Agterpaaie-span het 'n rusdag vandag. Ons ry van Letsatsi Game Lodge na Bethulie en dan verby Gariep, oor die N1 en volg dan 'n agterpad na Philippolis, waar ons die volgende drie aandeЧитать далее
Dag 7 - Rotskuns en grondpaaie
6 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ ⛅ 18 °C
Die Suid-Vrystaat gee sy mooiste vandag: grondpaaie om van te droom tussen Smithfield, Rouxville, Aliwal en Goedemoed. Rotskuns onder 'n oorhang op die plaas Sterkstroom saam met die Lombaards.Читать далее
Dag 6 - Merinoskape en okkerneute
5 октября 2018 г., Южная Африка ⋅ 🌙 12 °C
Weg Agterpaaie Vrystaat is steeds in die Smithfield-distrik vanoggend. Ons kuier op Heuningkrans by Lizette en Eddie Prinsloo en gesels Merinoskape en grondkwessies. Dan ry ons tot naby Aliwal-NoordЧитать далее
























































































































































