Dag 1 - Johannesburg
30 Eylül 2018, Güney Afrika ⋅ ☀️ 22 °C
Ons het vandag Johannesburg toe gevlieg en vanmiddag opgewarm met 'n paar kort onderhoude en beplanningsessies met ons kameramanne van Red Pepper Pictures, Chris Kritzinger en Louw Prinsloo. InOkumaya devam et
Dag 2 - N1 na Kroonstad en Gariep
1 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ ⛅ 26 °C
Douvoordag uit Johannesburg, N1 suid, tolhekke, en dan afdraai in Kroonstad om by Jukskeipark iets van dié sportsoort te leer (jy kort "balans, ritme en momentum"...) by van die land se topOkumaya devam et
Dag 3 - Gariepdam
2 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ ⛅ 17 °C
'n Damtoer by Gariepdam is een van dié doendinge hier rond: jy stap met trappe en gangetjies langs tot in die maag van die damwal. Ons was gelukkig: Waterwese se Joseph Alexander het 'n sliksluis virOkumaya devam et
Dag 4 - Bethulie en Zastron
3 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 5 °C
Die Suid-Vrystaat is yskoud vandag! Ons kuier eers binnenshuis by Anthony Hocking se Boekehotel (duisende en duisende boeke en langspeelplate!) in Bethulie en ry dan tot by Liesel Foster oos vanOkumaya devam et
Dag 5 - Smithfield
4 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 14 °C
Dis 'n rustige dag in Smithfield, soos dit hoort. Sophia en Toast leer by Fabrice Rebouillat en Susan Joubert van wolspin, weef en brei. Tussendeur word honde agter die ore gekrap, in die son gesit enOkumaya devam et
Dag 6 - Merinoskape en okkerneute
5 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 12 °C
Weg Agterpaaie Vrystaat is steeds in die Smithfield-distrik vanoggend. Ons kuier op Heuningkrans by Lizette en Eddie Prinsloo en gesels Merinoskape en grondkwessies. Dan ry ons tot naby Aliwal-NoordOkumaya devam et
Dag 7 - Rotskuns en grondpaaie
6 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ ⛅ 18 °C
Die Suid-Vrystaat gee sy mooiste vandag: grondpaaie om van te droom tussen Smithfield, Rouxville, Aliwal en Goedemoed. Rotskuns onder 'n oorhang op die plaas Sterkstroom saam met die Lombaards.Okumaya devam et
Dag 8 - Rusdag
7 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 25 °C
Die Weg Agterpaaie-span het 'n rusdag vandag. Ons ry van Letsatsi Game Lodge na Bethulie en dan verby Gariep, oor die N1 en volg dan 'n agterpad na Philippolis, waar ons die volgende drie aandeOkumaya devam et
Dag 9 - Philippolis
8 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 24 °C
Vandag drink ons twee keer Oros, gesels duiwe en hoenders, en luister boeremusiek op 'n stoep in die hoofstraat van Philippolis.
Dag 10 - Orrel, sosaties en skaaphonde
9 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 27 °C
Philippolis se NG-kerk het 'n orrel wat jou asem wegslaan - en orrelis Nicolene Gibbons speel hom vir ons dat die vensters ratel. Daarna help ons sosaties inryg by die skougronde (voorbereiding virOkumaya devam et
Dag 11 - Na Luckhoff en Jacobsdal
10 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ ⛅ 26 °C
Vandag vat ons 'n laaitie skool toe in Philippolis. Dan koop ons wors en braai dit op Driefontein, plaas van Van Zyl Schoeman. Hy is nie tuis nie, maar dis OK (hy't gesê ons kan). Ons drink weerOkumaya devam et
Dag 12 - Jacobsdal
11 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 27 °C
Jacobsdal se landbouskool, Landboudal, is ons gasheer vanoggend. Toast en Sophia leer skyfskiet by van die skool se topskuts, kyk waaroor "kanaalry" gaan en bewonder die manne van die toutrekspan. VirOkumaya devam et
Dag 13 - Bultfontein
12 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ ☁️ 17 °C
Vandag ry ons 240 km van Jacobsdal na Bultfontein om 'n BKB-veiling op Flippie Blignaut se plaas Sardinia by te woon. Ons gesels met die afslaer, kyk Bonsmaras, eet steak en pas goed in met onsOkumaya devam et
Dag 14 - Paardeberg
13 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ ⛅ 12 °C
Dis tyd vir bietjie geskiedenis vandag. Ons ontmoet vir Johan Hattingh by die Anglo-Boere-oorlogslagveld Paardeberg tussen Jacobsdal en Boshoff. Hy vertel ons hoe dinge in Februarie 1900 hier ontvouOkumaya devam et
Dag 15 - Soutpan
14 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌧 18 °C
Dis Sondag by Soutpan - wáár?? Toemaar, ons het ook nie voor vandag veel geweet van dié "geheime" Vrystaatse dorpie nie. By die Truksvy-padstal word ons onthaal op beesstertbredie, hoenderpastei,Okumaya devam et
Dag 16 - Florisbad
15 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 16 °C
Daryl Codron van die Nasionale Museum in Bloemfontein neem ons deur die Florisbad-opgrawingsterrein waar ons o.a. die beendere van reusebuffels sien - hulle horings was 4 m wyd! Ons sien ook dieOkumaya devam et
Dag 17 - Mielies
16 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ ☁️ 17 °C
Vandag gesels ons mielies en nog mielies - tussen Hentie Helm se plaas buite Hoopstad en Senwes se silokompleks in Wesselsbron. Dan ontspan ons by ClearWater Guest Farm buite Hoopstad, waar onsOkumaya devam et
Dag 18 - OD, Welkom en Hennenman
17 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 16 °C
Dis 'n vol dag: In OD oftewel Odendaalsrus wys Joe Regal ons sy taksidermie-besigheid, buite Welkom sweef ons saam met die mense van die Goldfields-sweefklub en in rigting Hennenman proe onsOkumaya devam et
Dag 19 - Parys
18 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 15 °C
Vandag ry ons van die Viljoenskroon-distrik deur die Vredefort-koepel na Parys. Naby Skandinawiëdrif proe ons likeure (gemaak met alkohol gestook van heuning) by Hanzet. Die middag eindig langs dieOkumaya devam et
Dag 20 - Parys
19 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 20 °C
Vandag besoek ons die inspirerende span van Parys River Clay Bracelets waar epilepsie-lyers en enkelmoeders van die plaaslike gemeenskap pragtige kraletjie-armbande maak wat op die oorseseOkumaya devam et
Dag 21 - Villiers, Frankfort, Reitz
20 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌬 12 °C
Dis Saterdag en ons verlaat Parys en ry eers oos na Oranjeville en die Vaaldam. Dan koop ons Die Padstal by Villiers leeg voor ons op plase in die Frankfort- en Reitz-distrik gaan kuier. Dis koud,Okumaya devam et
Dag 22 - Rusdag in Lindley
21 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌬 14 °C
Om nege-uur vanoggend lui die NG-kerk se klok, regoor die hotel waar ons tuisgaan. Vandag rus die Weg Agterpaaie Vrystaat-span, maar daar is tyd om die dorp (en die begraafplaas) te voet te verken.Okumaya devam et
Dag 23 - Lindley
22 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ ⛅ 9 °C
By die Lindley-meule skakel oom Hekkie van Rensburg sy getroue Ruston & Hornsby-enjin vir ons aan, en hy wys hoe hulle al vir meer as 50 jaar mieliemeel maal. Paul Fouché van Lindley Motors versamelOkumaya devam et
Dag 24 - Clarens
23 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 13 °C
Fritz en Yolandé Boshoff en Happy Motaung is die klein maar gedugte span mesmakers by Bossie's Knives. Ons leer die fynere kunsies van knipmes- en jagmesmaak. Dis 'n mooi dag in Clarens, met somer inOkumaya devam et
Dag 25 - Clarens
24 Ekim 2018, Güney Afrika ⋅ 🌙 20 °C
Ons kyk hoe kaas gemaak word by Noah's Cheeses net buite Clarens, en probeer dan tevergeefs om by Highland Coffee te leer hoe om 'n "prentjie" in die melkskuim van 'n cupaccino te maak. (Ons drinkOkumaya devam et























































































































































