Dag 30 - Dewetsdorp
October 29, 2018 in South Africa ⋅ ☀️ 32 °C
Ons maandlange reis deur die Vrystaat is op 'n einde. Die dag begin in Rosendal - ons ry oor Ficksburg, Clocolan en Hobhouse na Dewetsdorp. Hier besoek ons die Jimmie Roos-nywerheidskool waar JoggieRead more
Dag 29 - Rosendal
October 28, 2018 in South Africa ⋅ ☀️ 18 °C
Dis Sondag in Rosendal. Ons eet ontbyt by Benjamin's en gesels met eienaar Frik de Jager. Dan kuier ons by kunstenaars Willem en Linda Pretorius en hulle kroos. Laatmiddag is die span by die dorpsdamRead more
Dag 28 - Rosendal
October 27, 2018 in South Africa ⋅ ☀️ 18 °C
Rosendal se mense hou mark vandag - ons gesels koffie, pannekoek, kaas en botter. Daarna besoek ons Mautse se Project Nkgono en help om 'n ouma se nuwe huis te verf. Vroegaand kuier ons weer saam metRead more
Dag 27 - Ficksburg na Rosendal
October 26, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 18 °C
Wie sou kon raai dat Ficksburg se Pellissier-galery (verskuil in 'n ou skoolsaal by die dorp se laerskool) nie net Pierneefs bevat nie, maar werk deur 'n rits ander groot Suid-Afrikaanse kunstenaars?Read more
Dag 26 - Moolmanshoek
October 25, 2018 in South Africa ⋅ ☀️ 18 °C
Moolmanshoek vandag: ons ry perd, kyk wild en verlustig ons aan die sonderlinge skoonheid van dié stukkie aarde.
Oornagplek: Moolmanshoek
Dag 25 - Clarens
October 24, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 20 °C
Ons kyk hoe kaas gemaak word by Noah's Cheeses net buite Clarens, en probeer dan tevergeefs om by Highland Coffee te leer hoe om 'n "prentjie" in die melkskuim van 'n cupaccino te maak. (Ons drinkRead more
Dag 24 - Clarens
October 23, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 13 °C
Fritz en Yolandé Boshoff en Happy Motaung is die klein maar gedugte span mesmakers by Bossie's Knives. Ons leer die fynere kunsies van knipmes- en jagmesmaak. Dis 'n mooi dag in Clarens, met somer inRead more
Dag 23 - Lindley
October 22, 2018 in South Africa ⋅ ⛅ 9 °C
By die Lindley-meule skakel oom Hekkie van Rensburg sy getroue Ruston & Hornsby-enjin vir ons aan, en hy wys hoe hulle al vir meer as 50 jaar mieliemeel maal. Paul Fouché van Lindley Motors versamelRead more
Dag 22 - Rusdag in Lindley
October 21, 2018 in South Africa ⋅ 🌬 14 °C
Om nege-uur vanoggend lui die NG-kerk se klok, regoor die hotel waar ons tuisgaan. Vandag rus die Weg Agterpaaie Vrystaat-span, maar daar is tyd om die dorp (en die begraafplaas) te voet te verken.Read more
Dag 21 - Villiers, Frankfort, Reitz
October 20, 2018 in South Africa ⋅ 🌬 12 °C
Dis Saterdag en ons verlaat Parys en ry eers oos na Oranjeville en die Vaaldam. Dan koop ons Die Padstal by Villiers leeg voor ons op plase in die Frankfort- en Reitz-distrik gaan kuier. Dis koud,Read more
Dag 20 - Parys
October 19, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 20 °C
Vandag besoek ons die inspirerende span van Parys River Clay Bracelets waar epilepsie-lyers en enkelmoeders van die plaaslike gemeenskap pragtige kraletjie-armbande maak wat op die oorseseRead more
Dag 19 - Parys
October 18, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 15 °C
Vandag ry ons van die Viljoenskroon-distrik deur die Vredefort-koepel na Parys. Naby Skandinawiëdrif proe ons likeure (gemaak met alkohol gestook van heuning) by Hanzet. Die middag eindig langs dieRead more
Dag 18 - OD, Welkom en Hennenman
October 17, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 16 °C
Dis 'n vol dag: In OD oftewel Odendaalsrus wys Joe Regal ons sy taksidermie-besigheid, buite Welkom sweef ons saam met die mense van die Goldfields-sweefklub en in rigting Hennenman proe onsRead more
Dag 17 - Mielies
October 16, 2018 in South Africa ⋅ ☁️ 17 °C
Vandag gesels ons mielies en nog mielies - tussen Hentie Helm se plaas buite Hoopstad en Senwes se silokompleks in Wesselsbron. Dan ontspan ons by ClearWater Guest Farm buite Hoopstad, waar onsRead more
Dag 16 - Florisbad
October 15, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 16 °C
Daryl Codron van die Nasionale Museum in Bloemfontein neem ons deur die Florisbad-opgrawingsterrein waar ons o.a. die beendere van reusebuffels sien - hulle horings was 4 m wyd! Ons sien ook dieRead more
Dag 15 - Soutpan
October 14, 2018 in South Africa ⋅ 🌧 18 °C
Dis Sondag by Soutpan - wáár?? Toemaar, ons het ook nie voor vandag veel geweet van dié "geheime" Vrystaatse dorpie nie. By die Truksvy-padstal word ons onthaal op beesstertbredie, hoenderpastei,Read more
Dag 14 - Paardeberg
October 13, 2018 in South Africa ⋅ ⛅ 12 °C
Dis tyd vir bietjie geskiedenis vandag. Ons ontmoet vir Johan Hattingh by die Anglo-Boere-oorlogslagveld Paardeberg tussen Jacobsdal en Boshoff. Hy vertel ons hoe dinge in Februarie 1900 hier ontvouRead more
Dag 13 - Bultfontein
October 12, 2018 in South Africa ⋅ ☁️ 17 °C
Vandag ry ons 240 km van Jacobsdal na Bultfontein om 'n BKB-veiling op Flippie Blignaut se plaas Sardinia by te woon. Ons gesels met die afslaer, kyk Bonsmaras, eet steak en pas goed in met onsRead more
Dag 12 - Jacobsdal
October 11, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 27 °C
Jacobsdal se landbouskool, Landboudal, is ons gasheer vanoggend. Toast en Sophia leer skyfskiet by van die skool se topskuts, kyk waaroor "kanaalry" gaan en bewonder die manne van die toutrekspan. VirRead more
Dag 11 - Na Luckhoff en Jacobsdal
October 10, 2018 in South Africa ⋅ ⛅ 26 °C
Vandag vat ons 'n laaitie skool toe in Philippolis. Dan koop ons wors en braai dit op Driefontein, plaas van Van Zyl Schoeman. Hy is nie tuis nie, maar dis OK (hy't gesê ons kan). Ons drink weerRead more
Dag 10 - Orrel, sosaties en skaaphonde
October 9, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 27 °C
Philippolis se NG-kerk het 'n orrel wat jou asem wegslaan - en orrelis Nicolene Gibbons speel hom vir ons dat die vensters ratel. Daarna help ons sosaties inryg by die skougronde (voorbereiding virRead more
Dag 9 - Philippolis
October 8, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 24 °C
Vandag drink ons twee keer Oros, gesels duiwe en hoenders, en luister boeremusiek op 'n stoep in die hoofstraat van Philippolis.
Dag 8 - Rusdag
October 7, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 25 °C
Die Weg Agterpaaie-span het 'n rusdag vandag. Ons ry van Letsatsi Game Lodge na Bethulie en dan verby Gariep, oor die N1 en volg dan 'n agterpad na Philippolis, waar ons die volgende drie aandeRead more
Dag 7 - Rotskuns en grondpaaie
October 6, 2018 in South Africa ⋅ ⛅ 18 °C
Die Suid-Vrystaat gee sy mooiste vandag: grondpaaie om van te droom tussen Smithfield, Rouxville, Aliwal en Goedemoed. Rotskuns onder 'n oorhang op die plaas Sterkstroom saam met die Lombaards.Read more
Dag 6 - Merinoskape en okkerneute
October 5, 2018 in South Africa ⋅ 🌙 12 °C
Weg Agterpaaie Vrystaat is steeds in die Smithfield-distrik vanoggend. Ons kuier op Heuningkrans by Lizette en Eddie Prinsloo en gesels Merinoskape en grondkwessies. Dan ry ons tot naby Aliwal-NoordRead more
























































































































































