• Marissa Labuschagne
  • Marissa Labuschagne

Brazil

Ons gaan Brasilië toe! Grootliks na die streek Espírito Santo. Wouter het ’n paar afsprake met gemmerboere en uitvoerders, dit is ’n groot gemmerstreek in Brasilië.
Boeta kom saam, sussa bly by ouma (uit keuse!)
Read more
  • Trip start
    May 19, 2026

    Langste dag ooit

    May 20 in Brazil ⋅ ☁️ 26 °C

    Ons gaan Brasilie toe! Grootliks na die streek Espírito Santo. Wouter het ’n paar afsprake met gemmerboere en uitvoerders, dit is ’n groot gemmerstreek in Brasilie.

    Dag 1:
    Ons vlieg vanuit JHB. Liede het een traan gepik, maar gou weer grappies gemaak. Ons harte was ook bietjie seer, maar ons weet sy is in haar element by Ouma. Boeta het geen idee wat voorlê nie!

    Frede wou na talle probeerslae niks weet van slaap op die vlug nie. Hy het uiteindelik net so 3 ure geslaap tot ons in São Paulo land. Die 5 uur tydsverskil smokkel klaar met ons koppe.

    Vanaf São Paulo moes ons nog ’n binnelandse vlug neem na Vitória. Dit was wild en ons was moeg, maar ons het dit oorleef en uiteindelik by ons Airbnb aangekom 02:00

    Klein bietjie slaap ingeky, tot Brasil se 06:00!

    Die volgende oggend is ons verras met n seefront promenade met talle mense wat oefen, volleyball, crossfit, draf, als in die buitelig.

    Ons kry n koffie en toe later n biertjie en seekos op die strand.

    Kar gaan huur en laaste “middagslapie” voor ons vertrek na die gemmerstreek. Ons slaap net buite Domingos Martins, n duitse koloniale dorpie op n plaas. Frede raak naar opad soontoe 🤢

    Ons maak lekker pasta en geniet die mooi uitsig! Vroeg in die bed

    Die weer is baie lekker, effens humied en nou en dan n liggiese reenbui maar ons is heeltyd in kortmoue.

    Die mense is vriendelik en verstaan nie n woord engels nie maar ons gebruik google translate en neem mekaar op- werk goed!

    Linkerhand bestuur is nogals senutergend!
    Read more

  • Coop ginger

    May 21 in Brazil ⋅ ☁️ 21 °C

    3am wakker na n volle nagrus, ons lywe pas nog nie aan met die tydsverskil nie so ons kyk maar n fliek tot die son opkom.
    Ons het nie besef hoe ver ons blyplek uit die dorp is nie so het nie goed beplan itv koffie en ontbyt vooraad nie. Moes to van 3am tot 8am vasbyt voor ons bietjie kaffiene en ontbyt kon kry.

    Lekker Brasiliaanse cappuccino gedrink (dis n soet, romerige tipe koffie)- Wouter het die italiaanse weergawe gekies wat soos flou plunger koffie met bietjie kaneel gesmaak het. Lekker pastries en kaasballetjie tipe broodjies. Boeta het uitgepass.

    Ons vertrek na COOP gemmer wat soos 1.5ure buite die dorp is.

    Wouter het met behulp van chatgpt wat help met die vertaling n goeie vergadering gehad. Boeta het in die kar geslaap so ek het saam buite gewag en later het hy in die sandjies gespeel.

    Ons is toe saam hul na n plaas toe om n boer te ontmoet en te sien hoe hulle dinge doen. Dit was werklik interessant en baie cool om so eerstehands te ervaar

    Hulle stick ons toe vir lunch by n baie eenvoudige plattelandsw kafeteria tipe restaurant.

    Daarna durf ons die pad terug Domingos toe aan. Dis n rowwe pad!

    Eet n burger en drink n biertjie in die vreemde duitse Brasiliaanse dorpie, hoop om vanaand effens later te gaan slaap sodat ons lywe nie weer 3am wil wakker nie.

    Weereens n baie lang maar lekker eventful dag
    Read more

  • n Goeie gemmer dag

    May 22 in Brazil ⋅ ☁️ 18 °C

    Gister oggend darm 3am wakker en meer voorbereid met koffie snacks en ontbyt.
    Wouter het n n spontane afspraak gemaak met grondkundiges in die dorp en die besoek was baie suksesvol. Dit is n instituut wat agri-navorsing doen en gratis raad aan boere lewer. Wouter het omtrent 2ure met hul gesels en baie waardevolle raad ontvang.
    Een van die ouens, Savio, boer self met gemmer en het na n lekker middagete (weer by n “self-service” restaurant, net heelwat grander) ons die gemmer tussen die berge gaan wys.

    Ons pak toe daarna n mooi pad aan na Pedra Azul waar ons in n hotel bespreek het, vreemde verlate plekke, maar ons is so pe en gaan slaap 7pm na lekker aandete in die dorpie.

    Dit is mistig en ons kon nog nie die groot rots sien nie, hopelik kom die sonnetjie vandag uit. Ons slaap vanaand weer hier, maar het eers n afspraak met nog n gemmer man.
    Read more

  • Pedra Azul

    May 23 in Brazil ⋅ ☁️ 19 °C

    n Baie lekker onverwagse dag agter die rug!
    Ons het n baie lekker ontbyt by die hotel geet ten spyte van hoe verlate die plek gevoel het. Daarna het Wouter n afspraak gehad met nog n gemmer man, dit het baie goed gegaan en hul het lekker gesels en connect.
    Ons het opad terug by n arbeipadstal tipe plek gestop en baie gawe mense ontmoet. Hul nooi ons toe om die res van die dag hul te join na waar hul gaan (die vrou kon engels praat) en dit was regtig van om met hulle te hang. Pedro en Emiliana, n lekker verrassing. Ons was by 3 verskillende restaurantjies/cafés en nogas baie bier gedrink maar baie fun gewees en boeta was n champ.
    Ons het verblyf bespreek by n ander hotel wat ons nog meer verras het. Dit is baie grand en ons het in n warm swembad die dag afgesluit!
    Boeta is uitgepass (18:46) en ek en Wouter gaan nou aandete eet.
    Read more

  • Hans van Santa Maria

    May 24 in Brazil ⋅ ☁️ 23 °C

    Heerlik aandete geeet en probeer om later in die bed te kom. Kon toe darm vanoggend slaap tot 4am!

    Kort stappie gevat in die woud en toe n ongelooflike ontbyt gehad. Die hotel het ons regtig bederf, dankbaar dat ons dit kon ervaar het en die “klip” soos boeta sê, mooi beleef.

    Ons het n laaste keer gedip in die warm swembad, opgepak en ons eerste flat white gaan drink in 6 dae! Brazil drink net swart koffie en hier is letterlik nie vars melk of koeie nie. Baie lekker en cool micro-roastery.

    Ons druf toe die pad aan na Santa Maria Jetibá waar ons vir Hans ontmoet. Sy pa was duits, ma Italiaans en Ouma van Angola. Sy eerste taal is Pomeranian. Baie diverse mengsel van kulture!

    Hy is n gemmersmous asook n “politician” soos hy sal sê.
    Het ons na sy pakhuis en nog n familieplasie geneem om daar na die gemmer te kyk. Mens leer baie , nie net van gemmer nie maar van boerdery, Brazil en hoe mense anders lewe en werk as ons.

    Die paaie is ongelooflik kronkelagtig en daar is bae hobbels.
    Opad terug van ons besoek het boetatjie weer karsiek geraak en opgegooi.

    Ons laai vir Hans af en mil vir Santa Teresa waar ons vanaand slaap.
    Die plek is onbeskryflik mooi en fotos kan nie die landskap en uitsig regverdig nie.

    Ons eet lekker aandete, drink n sundowner, ons is vir nou eers klaar met gemmer vir die trip. Dit was lekker en goed!
    Read more

  • Vila Velha

    May 25–26 in Brazil ⋅ ⛅ 26 °C

    Vanoggend n rekordtyd geslaap tot 5:30am! Dankbaar vir n goeie nagrus.
    Beautiful om wakker te word by Rampa do Caravaggio. Dit is is een van die mooiste uitsigpunte in die berge van Espírito Santo. Dit lê langs die bekende Caravaggio-roete naby Santa Teresa, ’n dorp met sterk Italiaanse invloed. Die “rampa” is oorspronklik bekend vir valskermsweef en paragliding, maar baie mense besoek dit net vir die ongelooflike panoramiese uitsig oor die vallei en veral laatmiddag met sonsondergang.
    Wat ons wel besef het is dat Santa Teresa meer n naweek plek is want toe ons vanoggend vir koffie gaan soek hoor ons als maak eers weer Donderdag oop.
    Ook in die dorp was dit baie stil en ons kon slegs groentewinkels oop kry!

    Ons het oorweeg om of Rio of Salvador toe te vlieg vir die laaste been van ons trip (die deel was nog nie beplan nie 😬) maar die kaartjies is ongelooflik duur en dus het ons vanmiddag besluit om liewers die kusdeel van Espirito Santo verder te verken.
    Ons slaap vanaand in Vila Velha. Vila Velha is die oudste stad in die staat Espírito Santo en is in 1535 deur Portugese koloniste gestig.
    Vandag is die n besige kusstad met hoë geboue en besige strate maar die strand is mooi en hier is n rustige atmosfeer.
    Ons slaap in n hotel op die strand en kon gemaklik in die straat stap om aandete te kry. Ons was by n restaurant met die naam Mahai wat n baie interessante ervaring was. Boeta kon lekker speel in die speelarea en ons het lekker cocktails gedrink en seekos geeet.

    More beweeg ons meer Suid.
    Read more

  • Pontal de Ubu

    May 26 in Brazil ⋅ ☁️ 24 °C

    Eerste oggend wat ons tot 6am slaap! Dink ons gaan net mooi gewoont wees en dan moet ons weer die omgekeerd gewoont raak.

    Mooi oggend in Vila Velha, ontbyt by hotel en n stappie op die promenade. Moes ook huurkarkontrak verleng en dis omtrent n storie met die taal gap. Sluit ons tydjie af met n biertjie en n snack by die “beach bar” oorkant die hotel. Baie lekker

    Sak en pak durf ons toe sie pad aan na Anchieta, na n hotel met die naam Pontal de Ubu.

    Baie mooi plek, ons is aangenaam verras. Lekker by die see gaan stap en n sundowner gedrink. Ongelukkig was onsaandete ervaring nie so great nie maar hopelik maak die ontbyt op daarvaan!

    Ons slaap vanaand met die gedreun van die golwe as white noise, wat n vooreg.
    Read more

  • Um dia tranquilo

    May 27 in Brazil ⋅ ☁️ 28 °C

    n Rustige dag by Pontal de Ubu
    Lekker geslaap tot 6am en het n nespresso masjien in ons kamer- game changer vir n lekker koffie in die oggend!
    Die ontbyt by die hotel was heerlik en ek het vir die eerste keer tapoica ontbyt probeer, interesting!

    Ons stap toe na die local strandjie
    Praia de Ubu en ontdek n lekker kafeteria/straatkafee.

    Massa middagslapie na ons stappie en n bier !
    Wouter gaan leer oor die bye wat nie steek nie- baie cool.

    Middagete by die hotel en toe weer n sundowner by die straatkafee (Cantinho de mulata)

    Dit was lekker om nerens te hoef te wees nie en te rus na die week se gewoel. More is ons laaste aand hier en dan die groot missie huistoe.

    Verlang baie vir Liede maar probeer die tyd aleen saam Frede en Wouter koester ♥️
    Read more

  • Gala dag

    May 29 in Brazil ⋅ ⛅ 23 °C

    Laaste dag by Pontal do Ubu,

    Weereens lekker ontbyt en n rustige oggend. Ons probeer tennis speel op hul kleibaan.

    Laaang middagslapie voor n groot tipiese Capixaba (Ka-pi-sha-ba) Braziliaanse prawnbredie (bobó de camarão) baie lekker!

    Ons sluit die aand af met pizza en live musiek.

    Vanoggend ry ons weer na ontbyt terug na Vitoria en vlieg vanmiddag eers Sao Paulo toe en dan vanaaand Johannesburg.

    Dit was n awesome trip 🙌
    Read more

  • Tchau Brazil!

    May 29 in Brazil ⋅ ⛅ 20 °C

    Ons pak die lang pad terug SA toe aan, laaste paar stoppies en n laaste breakie voor ons vanaf Vitoria vlieg tot in Sao Paulo. Met groot skok besef ons moes n airport transfer doen, gelukkig het ons 5ure gehad om dit te doen!
    Van SP se middestad lughawe tot Guarulhos International met n gemaklike bus en toe 8ure deur die nag huistoe!
    Dit het beter gegaan as was onsverwag het en kon so paar ure slaap.

    Boeta was vreeslik opgewonde om vir Sussa te sien en hul het onophoudelik gespeel!

    Dankie Here vir die geleentheid en n onvergeetlike tyd 🙏
    Read more

    Trip end
    May 29, 2026