Satellite
Show on map
  • Day 3

    Tweede dag op Strand

    September 16, 2023 in Spain ⋅ ⛅ 26 °C

    Ons was weer na dieselfde stand maar die keer was daar hordes mense, veral die wat met van partytjie hou. Maar nie te min, het die kinders die sand en swem geniet. Dit was sandkastele bou, swem, bal gooi in die water. Beide kinders was weer in hulle element!
    Na die swem en speel het ons 'n roomys geëet.
    Pappa en Heinrich het na Aldi gesoek en baie ver gestap (Mamma het per ongeluk Lourens se baba kos in die badkamer se drein afgespoel en toe verstop dit die drein, so Pappa moes gaan drain cleaner soek). Pappa leer vir Heinrich dat die woord "middagslapie" in Spaans "siësta" is en berei hom voor dat hy bietjie moet siësta na die heerlike speel.
    Toe ons oppad na die aandete was, leer ons vir Heinrich dat die woord "hello" in Spaans "Hola" is. Heinrich groet alle mense by wie hy verbyloop met "Hola".
    Read more