• Berggorillas in die Kongo

    November 6, 2016 in DR Congo ⋅ ⛅ 31 °C

    Vandag het ek die voorreg gehad om berggorillas van naby te sien in die Virunga- nasionale park in die Kongo naby Goma. Ons was ook gelukkig: 'n nuwe kleinding het deur die nag aangekom en ons was die eerste toeriste om die outjie te sien! Dit was 'n stywe twee ure se stap om die gorillas te bereik, maar daar gekom het hulle hulself gedra en rustig op een plek bly sit, eintlik lê, meeste van die tyd.Read more