• Die pad na Kibuye

    7 novembre 2016, Rwanda ⋅ ⛅ 0 °C

    'n Kaart en GPS kan jou net soveel vertel. Na 'n lui oggend in Gisenyi ry ons suidwaarts teen die Kivumeer na Kibuye. Ons stop om mooi teeplantasies af te neem. Dan kry ons padwerke, en reën, modder, vragmotors wat vassit... en dinge raak sports. Die Fortuner hanteer die situasie egter goed en ons kom teen sonsondergang veilig in Kibuye aan. Ons slaap vanaand by die Hotel Bethany - dit sous te hard vir tentslaap.En savoir plus