• Nyungwe- nasionale park

    November 10, 2016 in Rwanda ⋅ ⛅ 27 °C

    In die suide van Rwanda, teen die Burundi-grens, lê dalk hul mooiste park: Nyungwe. Bergwoud, sjimpansees, endemiese voëls - en stilte. Dís wat Nyungwe jou bied. Ons kamp (onderdak, op netjiese stellasies wat die ergste klammigheid weghou) by Uwinka, maak vuur, maak kos. Saans, behalwe vir die weemoedige geskrou van boomdassies, sak die stilte (en soms die reën) neer. Soggens praat die reuse blouloeries ons wakker. Vrede.Read more