• Die olifantpad

    November 28, 2016 in Botswana ⋅ 🌙 24 °C

    Die teerpad suidwaarts van Kasane na Nata kan lekker wild raak: ek het vandag maklik 200 olifante langs die pad gewaar (en onthou, jy's nie eers in 'n nasionale park nie), plus kameelperde en sebras. Alhoewel sekere kolle nog vaal lyk - veral waar veldbrande hierdie jaar deur is - begin die bos nou groen draai na die eerste reëns van die somer.Read more