• Dag 3 - Maun

    March 21, 2017 in Botswana ⋅ ⛅ 23 °C

    Vir meeste toerlede is vandag 'n groot dag: dis tyd vir 'n vlug oor die Okavango-delta! Ander vat dit rustig by Drifters Camp, of gaan doen inkopies in Maun. Teen laatmiddag is almal weer teen die Boteti vir sonsondergang: ons skiet die wilde waks uit hom uit. Aandete was gebraaide hoender, wortelslaai en broccoli met kaassous - en melktert vir poeding. Die kamp is nou stil, en so drie kameeldorings weg hoor ons witkoluiltjies...Read more