• Dag 4 - Maun na Tsodilo

    22 mars 2017, Botswana ⋅ ☀️ 17 °C

    Ons konvooi ry van Maun na Sehithwa tot by Sepupa Swamp Stop - teen die Okavangorivier - waar ons middagete geniet. Dan vat ons grondpad na die Wêrelderfenisgebied by Tsodilo-heuwels, bekend vir sy rotskuns. Die veld bly oral groen, en om elke draai is die lug vol geel en wit skoenlappers. Sonsondergang is dieporanje teen die koppies se kranse. Laatnag roep die gevlekte-ooruile vir mekaar. Dis als mooi.Läs mer