• Dag 6 - Mahango-reservaat

    2017年3月24日, ナミビア ⋅ ⛅ 26 °C

    Die Mahango-reservaat is een van Namibië se bes-bewaarde geheime. In hierdie klein park sien jy gereeld skaars boksoorte soos swartwitpens, bastergemsbok en rietbok, terwyl olifant en buffel algemeen is. Vandag sien ons baie rooi lechwe, rooibok, vlakvark, kameelperd en sebra ook. Beste van als? Parktoegang is net R30 per persoon. Ons groep besoek die park in die oggend en eet dan bosmiddagete by Kweche-piekniekplek waar toerleier Douwe Vlok 'n praatjie maak oor van die park se mooi inheemse bome.もっと詳しく