Satellite
Show on map
  • Day8

    Dag 8 - Ngepi na Kasane

    March 26, 2017 in Botswana ⋅ ⛅ 19 °C

    Dis 'n dag vol verrassings: ons sien 'n jagluiperd sommer langs die B8-teerpad 'n ent oos van Divundu, en wanneer ons laatmiddag deur die Chobe- nasionale park ry in rigting Kasane, lê vyfstuks leeu doodluiters vir ons en wag langs die teerpad. Tussenin stop ons vir middagete by die vriendelike mense van Caprivi Houseboat Safari Lodge naby Katima Mulilo, waar die Zambesirivier damvol lê - die rivier het in die afgelope week al amper 3 m gestyg! In Kasane is dit Sondag, en die bobbejane strek uit op die dak van Choppies. Ons slaap by Thebe River Safaris, en môre gaan ons Vic Falls toe. Netjies.Read more