• Dag 6 - Epupawaterval

    9 maggio 2017, Namibia ⋅ ⛅ 19 °C

    Vandag ry ons net mooi nêrens heen nie. Na ontbyt stap party na die waterval, ander lees boek in die skaduwee. Rey, Jarra en Enrico maak Gert se Cruiser-deur reg. Teen middagete is Toast agter die braaipan: hamburgers op die spyskaart. Laatmiddag is almal op die koppie, die maan kom op oor die Sebraberg, die Kunene doen toertjies: almal is gelukkig.Leggi altro