• Dag 7 - Epupa na Otjitanda

    2017年5月10日, ナミビア ⋅ ⛅ 15 °C

    Ons groet die Kunenerivier en ry suid met die C43 tot in Okongwati, waar ons vlugtig stop en die winkeltjie besoek. Dan weldra - stadig, maar seker - weswaarts deur mopanieveld, oor droë (en soms nat) rivierlope, verby Himbakrale en ruwe rotskoppies, enorme anabome en kortstertlaksmanne, 'n Afrikaanse wielewaal, kroonkiewiete en 'n dik-dik. Ons kamp vanaand onder die volmaan, pannekoek vir aandete, die hoop kole gloei nog. Iemand snork.もっと詳しく